Eros (mitologie)

Eros
Griekse god
Eros, 1ste eeu v.C., marmerbeeld van Pompeji. Dit is ook bekend as Eros Centocelle en is vermoedelik ’n kopie van die kolossale Eros van Thespië, ’n werk deur Praxiteles.
Eros, 1ste eeu v.C., marmerbeeld van Pompeji. Dit is ook bekend as Eros Centocelle en is vermoedelik ’n kopie van die kolossale Eros van Thespië, ’n werk deur Praxiteles.
Naam Eros
God van Seksuele begeerte en aantrekkingskrag
Blyplek Die berg Olimpus
Simbool Boog, pyle, kerse, harte, vlerke en soen
Vrou Psugê
Ouers Chaos
Afrodite en Ares
Afrodite en Hermes
Penia en Poros
Iris en Zefuros
Broers, susters Harmonia, Anteros, Himeros, Fobos, Adrestia, Deimos
Kinders Hedone
Romeinse eweknie Kupido

Eros (Grieks: Ἔρως) was in die Griekse mitologie die oergod van seksuele liefde en skoonheid. Hy is ook as ’n vrugbaarheidsgod aanbid. Sy eweknie in die Romeinse mitologie is Kupido.

In sommige mites was hy die seun van Afrodite en Ares, maar volgens Plato se Symposium is hy verwek deur Poros (Rykdom) en Penia (Armoede) op Afrodite se geboortedag. Nes met Dionisos word soms na hom verwys as Eleuterios, "Die Bevryder".


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search